Wie is Sandra?
My naam is Sandra.. Ek is in Pretoria gebore, en het ook hier groot geword en gematrikuleer. Na skool het ek drama studeer onder leiding van Milla Louw by die Akademie van Dramakuns in Johannesburg. Nadat ek my 3de jaar voltooi het, het ek in 2016 my lisensiaat voltooi by Franciska van der Merwe by die Akademie van Dramakuns (ADK).
Ek was 23 jaar oud toe ek die eerste keer getroud is, jonk en onervare. Ons het verloof geraak nadat ons ‘n paar jaar uit gegaan het en was in totaal 6 jaar saam. Hy het vinnig ‘n hou-vas op my gekry en my ook vinnig laat glo dat ek niks werd is nie. Ek het verslaaf geraak aan ‘n toksiese liefdestaal, een van eindelose fisiese en emosionele mishandeling. Selfs nadat ons geskei is het ek geweet dat dit nie die norm is vir enige gesonde verhouding nie, maar steeds sou ek eerder weer so ‘n verhouding kies omdat ek geglo het ek verdien nie opregte en suiwer liefde nie.
So begin “Anoniem, dit kon jou naam wees” weer ‘n keer. My hoop en droom is om werklik ‘n verskil te maak vir elke vrou wat nodig het om te weet dat hoop, vryheid, geluk, liefde en vrede nie onmoontlik is nie.
“Anoniem, dit kon jou naam wees” is ‘n platform om jou te bemagtig met inligting, raad en hulp.